Die Van Vuurens vat vlam

Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind, die jong wetenskapstudent Bernadette van Vuuren, bly intussen in haar “townhouse”, gratis en verniet. Sy moet natuurlik die plek versorg en netjies hou. Die tante-en-niggie-verhouding is maar plofbaar. Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ’n bottel. . .? Want nou bly haar komiese mimiekkunstenaar-“boyfriend”, Flippie van Vuuren, ook daar. Hy is deur ’n wit Afrikaanse gesin grootgemaak. Wanneer hy wel praat, praat hy woordeboek-Afrikaans en was ook in ’n Afrikaanse skool gewees. Sy van is heel toevallig ook Van Vuuren, alhoewel die gesin by wie hy grootgeword het geen familiebande met die eiewyse Sterna van Vuuren of Bernadette het nie.
Sterna van Vuuren daag onverwags op. Intussen het Bernadette en Flippie haar “townhouse” in ’n eienaardige ruimte verander. Want dié twee het rare toekomsdrome. Dié donker komedie is ’n vrolike en dikwels vlymskerp verhaal van verskillende generasies se standpunte, foute en ambisies. Dis slim snaaks, oorspronklik en verrassend. Bowenal: Gaan die Van Vuurens se vreemde familiekwaal die vuur aanblaas?

Met: Lizz Meiring, David Kuduntwane en Cara Meiring
Teks: Lizz Meiring
Regie: André Odendaal
Stelontwerp: Lizz Meiring en André Odendaal
Verhoogbestuurder: Jak. J. Brits
Vervaardiger: Artist Warehouse

Laerskool Mooirivier

Komedie
Afrikaans
Geen o.14 (T)
60 minute

24 Sept. 19:00
25 Sept. 09:30
26 Sept. 19:00
27 Sept. 09:30

R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top