Elvis Blue – Dis wie ek wil wees

Elvis Blue se nuwe produksie verken die amper skynheilige gaping wat elke mens ervaar tussen die persoon wat ons wens ons was, en wie ons werklik is.

Gevra oor sy fassinasie met dié onderwerp, sê Elvis: “Ek het dikwels ’n prentjie in my gedagtes van die tipe mens wat ek wil wees. Die tipe pa, man, broer of vriend.
Ek sou byvoorbeeld graag meer selfbeheersing of waagmoed wou hê. Ek skryf dikwels oor dié temas en hoop om in die vertoning van die liedere en temas te
verken. Niemand van ons is immers wie ons werklik wil wees nie, maar almal van ons bly hoopvol daaroor!”

Elvis se besonderse gawe vir opregtheid neem die gehoor op ’n reis wat die dissonansie in elke mens met musiek en stories outentiek uitbeeld.

Met: Elvis Blue en orkes
Teks: Elvis Blue
Komponis/Oorspronklike musiek: Elvis Blue
Regie: Elvis Blue
Musiekregie: Elvis Blue
Verhoogbestuurder: Kona Brown
Vervaardiger: Elvis Blue

Ouditorium

Kontemporêr
Afrikaans en Engels
Gesin
90 minute

28 Sept. 19:00

Voor
R210, R190 (Hartsvriende)
Agter
R190, R170 (Hartsvriende)

Scroll to Top