Felias en Pokkel is Jakkie Louw se splinternuwe poppekaskonsert. Dit is eintlik ’n “one man and eight puppets”-konsert. Die storie handel oor twee veldmuise in boer Jakkie se huis. Felias is ’n slim, lang, maer muis met ’n brilletjie en Pokkel ’n kort, ronde, jong muis met ’n groen hoedjie op sy kop. Pokkel het baie vragies oor waar melk, koffie, plastiek en suiker vandaan kom. Felias staan bont om te verduidelik en dan moet hulle ook nog die honger kat dophou! O ja, en daar is sowaar ’n pratende donkie ook! Jakkie het al die musiek en die storie geskryf, met liedjies soos “Die dae van die week” en “Moenie bang vir die kat wees nie”. Jakkie doen ook die twee muise se stemme. Hy het egter van sy bekende vriende gekry om die ander karakters te vertolk. Die stemme is gedoen deur Lizz Meiring (Patat die Kat, Skaai die Kraai en Tienie die TV-vlieg), Hannes Brümmer (Vrottie Kokkerotie, Chris die Verkleurmannetjie en Laventel die Plaashaan) en Richard van der Westhuizen (Eeeejonkie Donkie en Die Tandemuis). Die produksie is vol komedie en opwinding en beloof om ook lekker te wees vir die ouers.
Met: Jakkie Louw, Lizz Meiring (stem), Hannes Brümmer (stem) en Richard van der Westhuizen (stem)
Teks: Jakkie Louw en Jaco Jacobs
Laerskool Mooirivier
Kinderteater
Afrikaans
Gesin
40 minute
24 Sept. 09:30
25 Sept. 12:00
26 Sept. 12:00
27 Sept. 12:00
R100