Forte

’n Innibos-produksie, moontlik gemaak deur NATi.

Emma Barker, ’n wêreldbekende tjellis, sit al bykans ’n jaar in ’n donker kamer en staar na haar gewese man se tjello. Sy kan haarself net nie so ver kry om weer musiek te maak nie. Alhoewel haar man siek was, is sy oortuig dat die siekte nie die oorsaak van sy dood was nie. Iemand lieg vir haar. Dan stap ’n jong musiekstudent een oggend ongenooid in haar huis in. Sy ken hom van geen kant af nie, maar tog weet hy alles van haar af. Hoekom laat hy haar so baie aan haar oorlede man dink? Watter diep geheim bewaar hy? Veteraanaktrise Rika Sennett maak haar terugkeer na die verhoog in hierdie kragtoer-produksie saam met die talentvolle Jacques Adriaanse.

Met: Rika Sennett en Jacques Adriaanse
Teks: Pierre-André Viviers
Komponis/Oorspronklike musiek: Vaughan Mclea
Regie en Stelontwerp: Pierre-André Viviers
Verhoogbestuurder: Jacques Jacobs
Vervaardiger: Pierre-André Viviers
Moontlik gemaak deur: NATi, Innibos en NWU Kunste

Girls High

Drama
Afrikaans
Ouerbegeleiding
60 minute

24 Sept. 10:00
25 Sept. 14:00
26 Sept. 18:00
27 Sept. 14:00

R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top