Georgetown & Bacchus Nel

Hierdie unieke collab tussen Georgetown en Bacchus Nel beloof om vir gehore ’n uitsonderlike ervaring te bied. Die aangrypende klanklandskap en harmonieë van Georgetown, vermeng met die rykheid van Nel se songs, maak hierdie produksie ’n viering van kreatiwiteit en musikaliteit. Berei jouself voor vir ’n aand vol emosie, ritme en onvergeetlike musiek wanneer hierdie twee kragte saamsmelt op die verhoog.

“Ek’s ’n donker man, onder die middernagmaan.” So sing Nel in sy treffende liedjie “Waar die dice val” – ’n besonder raak beskrywing van hierdie enigmatiese digter, sanger en liedjieskrywer, en sy diep karakter. Nel se musiek is ’n reis deur kleurryke verhale; en getuig van meelewendheid, deernis, diepte en ’n fyn humorsin.

Georgetown, ’n veelsydige folk-groep van Pretoria, bied ’n betowerende vermenging van Americana en plaaslike invloede. Tesame met die drie ryk harmonieuse stemme word verskeie instrumente ingespan: akoestiese kitaar, trekklavier, klavier, kontrabas, mandolien, mondfluitjie en ’n ouderwetse koffer-skoptrom.

Kom beleef hierdie eiesoortige vertoning met unieke klankvermenging en samewerking, wat beloof om tot jou totale wese te spreek.

Met: Michael de Villiers, Tiaan Erasmus, Renaldo van Dyk, Rynier Prins en Bacchus Nel
Regie: Jako Meyer
Stelontwerp: Michael de Villiers en Jako Meyer
Vervaardiger: Perskeblom Produksies

Totius-saal

Kontemporêr
Afrikaans en Engels
Geen o.13 (T)
75 minute

27 Sept. 20:00
28 Sept. 19:30

R180, R160 (Hartsvriende)

Scroll to Top