Hans gee Herklaas horings

Kom kyk hoe die radio-Hans lewe kry. RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Hy speel ook in die fliekweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Nou kry feesgehore die geleentheid om Cronjé op die verhoog te ervaar in ’n verwerkte dramatiese voorlesing van Hans gee Herklaas horings. ’n Teaterervaring waarin radiodrama lewe kry op die verhoog. Die wisselwerking tussen akteur, leser en klanknabootser word ontgin, met skreeusnaakse gevolge tussen Cronjé en Ignatius van Heerden.

Met: Tobie Cronjé en Ignatius van Heerden
Teks: Gegrond op Rudie van Rensburg se boek, verwerk deur Henque Heymans
Komponis/Oorspronklike musiek: Wesley West
Regie: Tobie Cronjé
Musiekregie: Wesley West
Stelontwerp: Loren Nel
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
Moontlik gemaak deur: Innibos

Girls High

Komedie
Afrikaans
Gesin
85 minute

24 Sept. 14:00
25 Sept. 18:00
27 Sept. 10:00
28 Sept. 19:00

R190, R170 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top