Soos tydens die opgewondenheid van die Musiek en Liriek-beweging in die sewentigs is Jannie du Toit net met sy kitaar op die verhoog. Dié program is ’n keur uit die talle liedjies wat hy oor die afgelope halfeeu geskryf het – ’n verrassend wye verskeidenheid van meer en minder bekende liedjies waarin vrolikheid en nostalgie afgewissel word. Sy liedkuns word deur die jare gekenmerk deur keurige tekste, vindingryke akkoordgebruik en, nou meer as ooit tevore, deur sy bedrewenheid op die kitaar. Sy liedjies is gemik op die fynproewer, maar soos “ ’n Liedjie vir jou” van 1978 en die talle wat daarop gevolg het, klink daardie woorde en akkoorde ook lekker vir die “gewone” oor.
Met: Jannie du Toit
Laerskool Mooirivier
Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
80 minute
27 Sept. 19:00
28 Sept. 15:00
R170, R150 (Hartsvriende, pensioenarisse)