Ken jy vir Dewie? is ’n drama wat die gehoor bekend stel aan Dewie de Jager. Die gehoor word ingenooi in Dewie se alledaagse lewe, sy psige, sy drome, sy denke en sy daaglikse waarnemings. Hulle word sy woordelose klasmaats, voyeurs wat toekyk, wat deel is van sy seer, sy frustrasie, sy haat en sy woede . . . hulle weet. Hy is saam met hulle in die klas, hy sit agter hulle, langs hulle. . . maar niemand sê iets nie. Soos dit dikwels die geval is.
Die drama word aangebied as “immersive theatre”, of teater van meelewing, en gee die kyker ’n diepte-blik op die ware persoon wat agter die sluier van depressie en angs skuil – die produk van jare lange se geboelie. Wat dryf ’n doodgewone, stil en teruggetrokke jong seun tot sulke onmenslike dade? Wie is uiteindelik die skuldige party? Kon die onderwyser die gevaartekens sien?
“Dit het skokwaarde, maar dit is nie die beweegrede nie. Die boodskap bly voorop. Spits jou ore as jou kind jou iets vertel, los waarmee jy besig is en luister. Reik tog uit na die eenkantkind, die nuwe kind, en luister.” – Laetitia Pople, Netwerk24
Met: Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson
Teks: Ilne Fourie
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Verhoogbestuurder: Jeanne Steenkamp
Vervaardiger: Margit Meyer-Rödenbeck en Ilne Fourie
Moontlik gemaak deur: Momentum Beleggings Aardklop, die KKNK en Suidoosterfees
Weet-en-Sweet
Drama
Afrikaans
Geen o.14 (T/G)
70 minute
25 Sept. 13:30 en 16:00
26 Sept. 13:00 en 15:30
27 Sept. 09:30 en 12:00
28 Sept. 12:00 en 17:00
R200, R180 (Hartsvriende)