Kersfees by Aardklop

Dit is werklik die wonderlikste tyd van die jaar! En vanjaar is dit Kersfees by Aardklop! Kom vier die einde van een fees met ’n effens vroeë viering van ’n ander. Sluit aan by die NWU Simfonieorkes vir ’n wonderlike konsert met al jou Kersfees-gunstelinge, van “Joy to the World” en “Silent Night” tot “Rudolph, the Red-Nosed Reindeer” en “Santa Claus Is Comin’ to Town”. Daar word ook ’n draai gemaak in die rolprentteater met musiek uit The Nightmare Before Christmas en How the Grinch Stole Christmas. “Somerkersfees” bring die Suid-Afrikaanse geur, en wat sou ’n Kerskonsert wees sonder die immergewilde “All I Want for Christmas Is You” van Mariah Carey? Hierdie konsert is die perfekte gesinskonsert om jou fees mee af te sluit. ’n Uur propvol vreugde, liefde, opwinding en die geklingel van slee-klokkies!

Met: NWU Simfonieorkes, met André Oosthuizen (dirigent)

Ouditorium

Klassiek
Afrikaans
Gesin
60 minute

29 September 15:00

R150, R130 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top