Koos Doep, die redakteur

Jakkie Louw se nuwe solomusiekvertoning, genaamd Koos Doep, die redakteur, is ’n eerbetoon aan die legendariese Koos du Plessis en sy musiek en loopbaan. Hierdie konsert is vir die mense wat hou van die diep, sielvolle musiek wat hom bekend gemaak het. Met sy akoestiese kitaar en ’n bietjie teaterkuns, neem Jakkie Louw die gehoor op ’n reis deur die stories agter die liedjies, asof dit deur Koos self vertel word. Die vertoning is ’n unieke kombinasie van Jakkie se betowerende sangstem en intieme musikale begeleiding met kitaar en mondfluitjie. “Eindelik was almal maar net kinders van die wind. . .” Hierdie musiekervaring bied ’n nostalgiese blik op die ryk erfenis van Koos du Plessis se musiek vir almal wat die diep emosionele krag van Afrikaanse musiek waardeer.

Met: Jakkie Louw
Teks: Wimpie van der Sandt

Laerskool Mooirivier

Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
75 minute

24 Sept. 14:00
25 Sept. 19:00
26 Sept. 15:00

R170, R150 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top