Laaitie mettie biscuits

“Wat het my kind gesê voor hy dood is? Het hy na my geroep?”
Die bekroonde teatermaker Christo Davids pak in hierdie aangrypende produksie temas aan wat elke Suid-Afrikaner persoonlik raak: Hoe hanteer ek en jy daagliks die talle gestremde mense in ons land, die wat bloot ánders is? Wie beskerm hulle, en is ’n stem vir die stemloses? Waarheen tog met al die geweld en korrupsie?

Davids volg met hierdie nuwe werk sy bekroonde Queenie-hulle, wat op die lot van haweloses gefokus het, op. Hy takel weer eens met waagmoed temas waarvan ander soms wegdeins. Getrou aan hom, gaan hy die gehoor ook laat lag, en natuurlik laat huil. Jy sal nie onaangeraak wees nie!
In hierdie meesleurende verhaal vertel hy vir ons die storie van Noah, ’n jong seun wat daarvan droom om eendag ’n polisieman te word en na sy ma en sy gemeenskap om te sien. Op een noodlottige dag is hy weer eens te voet op pad om sy daaglikse pakkie Lemon Creams te gaan koop . . .

Die vraag wat ons moet antwoord, is: Wat en wie is normaal? Is Noah abnormaal in ’n normale gemeenskap? Of is Noah normaal in ’n abnormale gemeenskap. . .?

Met: Wayne van Rooyen, Stephanie Baartman, Carla Classen en Joshwin Dyson
Teks: Christo Davids
Regie: Christo Davids
Verhoogbestuurder: Jak Brits
Assistentverhoogbestuurder: David Kuduntwane
Stelontwerp en rekwisiete: Jade Bowers
Beligtingsontwerp: Jak Brits
Klankbaan: Les Javan
Kostuumontwerp: Mariska Meyer
Produksiebestuur: Albertina Ngobeni-Potgieter
Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop en die Markteater
Moontlik gemaak deur: AK21 en NATi

*The production team is extremely grateful towards Forest Town School for the guidance and support we received during the development of this work. In particular, we’d like to thank Ronalda Lucas (principal) and Sandra Khan (occupational therapist), who shared with us their knowledge of the challenges facing young people living with disabilities.

Forest Town School is a school for pupils with cerebral palsy, learners with specific learning disabilities and those with mild intellectual disabilities. Learners are privileged to have educators and therapists who are highly qualified and always put the children’s needs ahead of their own. They bring out the best in each learner at the child’s own pace.

Elgro Hotelsaal

Drama
Afrikaans
Geen o.14 (T/G/I)
90 minute

24 Sept. 15:00
25 Sept. 19:30
26 Sept. 09:30
27 Sept. 15:00
28 Sept. 14:00

R210, R190 (Hartsvriende)

Scroll to Top