Liewe Heksie vang vis

Hierdie Heksie-produksie is bekroon met ’n Kanna-prys vir beste kinderteater by 2023 se KKNK.

Almal se geliefde Liewe Heksie is terug. Dié keer span sy haar besem in as ’n visstok, maar dit sukkel maar om ’n vis te laat byt. Sy raak vreeslik opgewonde as sy wel daarin slaag: “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy, omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Liewe Heksie het dringend julle hulp nodig. Verna Vels se immergroen verhale kry lewe met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rödenbeck is die nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, die Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf.

Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck, gegrond op die verhale van Verna Vels
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Laerskool Mooirivier

Kinderteater
Afrikaans
Gesin
60 minute

25 Sept. 15:00
26 Sept. 09:30
28 Sept. 09:30

R125

Scroll to Top