Om iets wat kosbaar is te verloor – jou gesondheid, jou jeug, ’n geliefde, ’n gemeenskap – laat ’n mens weerLOOS, soms hopeLOOS.
Soveel van ons grootste digters worstel ook met verlies. Soveel van daardie worstelinge lei tot grootse skeppings. Werke wat uitdrukking gee aan die -loosheid (sonder-heid), maar ook fokus op die skoonheid van dit wat eens daar was.
Die teks is saamgestel uit werk van onder andere Antjie Krog, Olga Kirsch, Marlene van Niekerk en Breyten Breytenbach, met vertolkings deur Joanie Combrink en toonsettings deur Laurinda Hofmeyr.
Die kommunikasie is nie net met die gehoor nie, maar ook tussen twee kunstenaars wat deur middel van verskillende kunsvorme in gesprek tree.
Vers, lied en musiek word aangebied as ’n deurlopende stroom wat die gehoor blootstel aan ’n smeltkroes van gevoelens, van vrese, maar ook bevrydende gedagtes.
Met: Joanie Combrink, Laurinda Hofmeyr
Teks: Verskeie digters, saamgestel deur Libby Daniels
Komponis/Oorspronklike musiek: Laurinda Hofmeyr
Regie: Libby Daniels
Musiekregie: Laurinda Hofmeyr
Verhoogbestuurder: Anna Davel
Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop en Toyota US Woordfees
Konservatorium
Woordkuns
Afrikaans
Geen o.16 (I)
70 minute
24 Sept. 13:30 en 19:30
25 Sept. 19:30
26 Sept. 13:30
R190, R170 (Hartsvriende, pensioenarisse)