Magda Louw: ’n Les in kletterkunde

Magda Louw, die kletskous sonder ’n wag voor haar mond, gesels oor die waarde en waansin van woorde. Van lag en treur in jou hartstaal, en die dinge wat ons soms sê wat eerder net ’n gedagte moes bly. Sy’t iets te sê oor die daaglikse uitdrukkings, gesegdes en idiome waarmee ons soms situasies ontlont, argumente probeer wen en gedrag regverdig. Van haar kop in ’n byenes steek tot op die hond se stert staan, speel sy oop kaarte sonder om heuning om enigiemand se mond te smeer. Magda kan nie ’n les in letterkunde gee nie, maar wat sy wel aanbied, is ’n les in kletterkunde. Sy vra die vrae waaroor sy self wonder: In watter taal droom jy? Waar kom sekere gesegdes vandaan en hoe maak mens as jy en jou lewensmaat en/of kinders verskillende weergawes van dieselfde taal praat?

Met: Desiré Gardner
Vervaardiger: Artist Warehouse

Ouditorium

Komedie
Afrikaans
Geen o.14 (T)
60 minute

25 Sept. 19:00
26 Sept. 09:30 en 13:00

R180, R160 (Hartsvriende)

Scroll to Top