Marianne Thamm: Suid-Afrika – vuisvoos maar nog regop, herlaai!

Jy mag dalk dink die politiek in Suid-Afrika is niks om oor te lag nie, maar maak jou gereed vir Marianne Thamm se skreeusnaakse en insiggewende satiriese komedie, waarin sy skerpsinnig uitpluis hoe die land staatskaping oorleef het.

Thamm is ’n vooraanstaande ondersoeke joernalis, rubriekskrywer, skrywer en ’n spitsvondige waarnemer. Sy kyk na wat verkeerd gegaan het in Suid-Afrika, en hoe ons dit oorleef en staande gebly het, al is ons ’n bietjie vuisvoos.

In 65 minute belig sy die aspekte waar dinge reg geloop het – ’n unieke blik op ons sterk en ons swak punte, sowel as ons waansin. Kom vier Suid-Afrika se veerkragtigheid met dié meesterlike, insiggewende vermaak, ’n vertoning wat oral met groot lof ontvang is.

“Sy vertel die waarheid en die waarheid is skreeusnaaks.” – Karen Zoid

“Sy het my en die res van die gehoor laat skater van die lag van begin tot einde.” – Jaime Uranovsky

POK (C6)

Skerpskerts
Afrikaans
Geen o.16 (T/I)
65 minute

24 Sept. 16:30
25 Sept. 13:00
26 Sept. 16:30

R175, R155 (Hartsvriende)

Scroll to Top