Nataniël se roerende komposisie MASS FOR THE GOOD PRINCES is in Oktober 2023 vir die eerste keer aangebied deur Aardklop Aubade, en die reaksie was oorweldigend.
Hierdie mis is gebaseer op die klassieke struktuur van ’n gewyde komposisie met ses dele en is ’n gebed vir goedheid, nuwe leierskap en die hoop van ’n nuwe generasie. Die mis word in Latyns en Engels gesing, met vertellings en beskrywings in Afrikaans.
MASS FOR THE GOOD PRINCES se enkele, finale uitvoering word tydens Momentum Beleggings Aardklop in die NG kerk Miederpark aangebied.
Met: Nataniël, Ockie Vermeulen (orrel), Charl du Plessis (klawers), Juan Oosthuizen (kitaar), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme en perkussie) en die Akustika Kamerkoor onder leiding van Christo Burger
Teks: Nataniël