Mel die Storieverteller: Dik deurmekaar

Met ’n Netwerk24 Smaakmaker-benoeming vir beste komediant en ’n Bokkie-benoeming vir beste vertoning is Mel die Storieverteller waarskynlik een van die grootste deurbraakkomediante van ons tyd. Van internetsensasie na verhoogsensasie laat sy gehore lê soos hulle lag.

Dik deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die grense tussen “stand-up”-komedie en ’n verhalende solovertoning laat vervaag. Sy vertel van die eerste keer toe sy die sensasie van deurmekaarheid ervaar het in Juffrou Draak se klas en hoe sy die res van haar skooljare begin vrede maak het met die warboel wat grootword is. Mel bied prettige waarnemings van “straight couples”, die volkslied, slimfone en “fancy” karre.

Mel se stories slaan jou met die waarheid, maar dis ’n sagte hou verbloem in interessante staaltjies en onverwagse kwinkslae. Dik deurmekaar ontketen ’n spesiale nostalgiese gevoel waarby almal kan aanklank vind.

Met: Mel die Storieverteller
Teks: Melanie Welgemoed
Komponis/Oorspronklike musiek: Wesley West 
Musiekregie: Wesley West
Verhoogbestuurder: Ronald Welgemoed
Vervaardiger: Melanie Welgemoed
Moontlik gemaak deur: H202, Midrand Mahindra, Group 1 en NATi

POK (C6)

Skerpskerts
Afrikaans
Geen o.14 (T/S)
60 minute

26 Sept. 13:00
27 Sept. 16:30
28 Sept. 16:30

R160, R140 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top