Nora is ’n kelnerin wat op haar eie bly. Haar jong man is pas ná hul troudag oorlog toe, en het nooit teruggekom nie. Nora leef dag in en dag uit met hierdie hartseer in haar. Op ’n dag, ná ’n glas wyn, raak sy woedend vir die dood wat haar man van haar gesteel het. Dis dan wanneer die dood opdaag om háár te kom haal. Volgens hul rekords is Nora dood, en moet sy regmaak om gepos te word waarheen die dooies gewoonlik gepos word.
’n Gids word aangestel om haar te help met hierdie oorgang, maar dié lyk op ’n druppel soos haar oorlede man, Willem. Hy klink dalk anders, maar lyk (en ruik selfs) presies soos hy. Saam besef hulle dat Nora nooit gesterf het nie. Nora besluit om haar lewe (of altans after life) te gebruik om die wyle Willem uit die dood te gaan haal en terug te bring huis toe. Maar eers sal sy moet inkom by die plek waarheen hy ook al gepos is.
Met: Sandra Prinsloo en David Viviers
Teks: Henque Heymans
Komponis/Oorspronklike musiek: Neill Solomon
Regie: Toni Morkel
Musiekregie: Neill Solomon
Stelontwerp: Chris Booyens
Verhoogbestuurder: Toni Morkel
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions en die KKNK
Moontlik gemaak deur: Momentum Beleggings Aardklop, Innibos, die Vrystaat Kunstefees, Suidoosterfees, KKNK en NATi
Gimmies
Tragikomedie
Afrikaans
Geen o.10 (I)
85 minute
24 Sept. 19:30
25 Sept. 09:30
26 Sept. 15:00
27 Sept. 19:30
28 Sept. 09:30
R230, R210 (Hartsvriende)