Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ’n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies, en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle.
Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ’n staatmaker op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooi teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou van Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”
Met: Margit Meyer-Rödenbeck
Teks: Jurgen Human
Komponis/Oorspronklike musiek: Jurgen Human
Regie: Jurgen Human
Musiekregie: Coenraad Rall
Vervaardiger: Arena Produksiehuis
Gimmies
Komedie
Afrikaans
Geen o.13 (T)
80 minute
24 Sept. 09:30
25 Sept. 18:30
26 Sept. 19:30
27 Sept. 09:30
28 Sept. 13:00
R190, R170 (Hartsvriende)