Boetiekbier is die geurige resultaat van ’n delikate brou-proses. Uitsonderlike geure word verkry deur middel van die vakmanskap van klein brouerye en tradisionele metodes. Elke teug is ’n ontdekkingstog van ’n spektrum van geure – van sitrus- en blom-ondertone tot dieper geure soos karamel en koffie.
Tydens hierdie proe-geleentheid word boetiekbier en boerekos saamgevoeg. Hierdie kombinasie is soos ’n boeredans van speserye met die bruisende ondertone van bier.
Sit aan by hierdie plesierige familietafel en ervaar die hartlikheid van ’n kulinêre tradisie.
Met: Clarens Brewery
Vervaardiger: Clarens Brewery, The Roots en Roots Academy.
The Roots Boabab
Leefstyl
Afrikaans en Engels
Geen o.18 (A)
60 minute
24-28 Sept. 14:00 en 18:00
R295