Proe! Koffie en sjokolade

Koffie en sjokolade is soos twee hoofkarakters in ’n verhaal gevul met meesleurende hoogtepunte! Ondanks hul eiesoortigheid, deel hulle ’n soortgelyke produksieproses – albei word gemaak van die sade van tropiese plante en gaan deur soortgelyke fermentasie- en droogprosesse. Die kombinasie van koffie en sjokolade is dus allermins ’n bitter-soet ervaring!

Daar is verskeie faktore tydens die produksieproses van koffie en sjokolade wat die uiteindelike geur van elkeen bepaal. Met die kombinasies van koffie en sjokolade word daar gekyk na aspekte soos geur, die suurheidsvlak en tekstuur – inderdaad ’n kuns en wetenskap in een!

Dié samevoeging van geure en aromas beloof om slegs soete herinneringe op te lewer!

Met: Toro Koffie
Vervaardiger: Toro, The Roots en Roots Academy

The Roots Dandelion

Leefstyl
Afrikaans en Engels
Ouerbegeleiding
60 minute

24-28 Sept. 11:00 en 18:00

R250

Scroll to Top