Klavuur bring hitte ná die winter.
Splinternuwe witwarm musiek uit Rocco se pen. Met nuwe gloeiende titels soos “Geen disco vir ou mans”, “Ons almal kyk na dieselfde maan”, “Dis winter die lente” en “Waarde van die warm lappie”.
Die plaat is op hoog gestel. Met Rocco stomend agter die klavier met Kris Valery soos gewoonlik vuurwarm op kitaar en perkussieboks en ’n nuwe toevoeging tot Rocco se orkes, ’n blouwarm baskitaarspeler.
Rocco se musiek het soos altyd sterk ritmes en melodieë met ondertone van dansmusiek wat jou sal bybly. Hierdie keer woeker hy met rock-invloede en die kitare gaan skree van die hitte.
Rocco gesels ook oor sy inspirasies, sy land, om oud te word maar jonk van gees te bly, omgee, nie omgee nie en kunsmatige intelligensie.
Met: Rocco de Villiers (klavier), Kris Valery (kitaar) en Hansie Roodt (kitaar)
Teks: Rocco de Villiers
Komponis/Oorspronklike musiek: Rocco de Villiers
Vervaardiger: Rocco Rocco Music
Totius-saal
Kontemporêr
Afrikaans
Geen o.13 (T)
90 minute
27 Sept. 16:00
28 Sept. 10:00
R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)