Louw keer terug vanuit Londen na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalkie. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was jare laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, raakpunte probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n dekade-lange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het, en ’n konstante herinnering aan Amanda, vrou en ma, wat al 25 jaar gelede oorlede is. ’n Storie oor ’n pa en seun wat rekenskap moet gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind.
Philip Rademeyer, deur die KKNK bekroon vir sy uitnemende litirêre bydrae vir Goed wat wag om te gebeur, vertel ’n storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgewortelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood.
Met: Frank Opperman, Wilhelm van der Walt
Teks: Philip Rademeyer
Regie: Philip Rademeyer
Stelontwerp: Philip Rademeyer
Verhoogbestuurder en beligtingsontwerp: Andi Colombo
Vervaardiger: Momentum Beleggings Aardklop
’n Ko-produksie tussen Momentum Beleggings Aardklop, KKNK en Suidoosterfees
Moontlik gemaak deur: AK21
Elgro Hotelsaal
Drama
Afrikaans
Geen o.16 (T/I)
90 minute
24 Sept. 19:30
25 Sept. 09:30
26 Sept. 14:30
27 Sept. 19:30
28 Sept. 09:30
R200, R180 (Hartsvriende)