Swerwersongs, met Pietman Geldenhuys en Anna Davel

Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ’n kuiervuur tydens ’n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe.

Pietman het eens op ’n tyd sy brood verdien as ’n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant. Anna was ook ’n kelner, het gewerk as ’n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ’n soldoedie vir twee jaar. Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie.

Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ’n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ’n heerlike mengelmoes van songs en stories oor “the road less travelled”.

Met: Pietman Geldenhuys (sanger), Anna Davel (sanger) en Marcel Dednam (klavier)
Vervaardiger: Anna Davel

Konservatorium

Kontemporêr
Afrikaans en Engels
Gesin
70 minute

27 Sept. 16:30
28 Sept. 10:00 en 16:30

R180, R160 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top