Tollie Parton: Hoe om oor jouself te kom

Politiek, hoe moeilik kan dit wees? ’n Fopdosser in die parlement? Is ons gereed? Kan ons oor onsself kom om dit moontlik te maak, of drink ons te veel pille? Hoe om oor jouself te kom is Tollie Parton se nuwe show wat sy in samewerking met Nico Scheepers geskep het. ’n Humoristiese blik op die binnewerking van Tollie se brein, en hoekom sy besluit het om. . . ag, kom kyk.

Tollie is nie vir fyngevoeliges nie. Haar skote is sterker as ooit en as jy braaf genoeg is om die uur deur te sit, wag daar ’n verrassing aan die einde. Jy weet? Ons almal wil mos ’n happy ending hê. En wie weet? Dalk het sy die oplossing? Dalk deel sy haar groot geheim. Snaaks, en bietjie té eerlik. Kom, kom! Nie vir sensitiewe gehore nie!

Met: Tollie Parton
Teks: Wynand Kotze, onder leiding van Nico Scheepers
Komponis/Oorspronklike musiek: Loki Rothman
Regie: Wynand Kotze
Verhoogbestuurder: Karl Hildebrandt
Vervaardiger: Wynand Kotze
Moontlik gemaak deur: NATi en Woordfees

POK (C6)

Skerpskerts
Afrikaans
Geen o.18 (T/S)
60 minute

27 Sept. 19:30
28 Sept. 19:30

R180
R160 (Hartsvriende)
R150 (Studente)

Scroll to Top