Veelhoek

Jana Cilliers hunker na ’n gesprek met haar neef, Barnard Gilliland, wie in 1962 ontydig in ’n motorongeluk gesterf het. Hy was 24 jaar oud. Sy onthou hom skaars. Hy was gereken as hoogs belowend en kort na sy dood verskyn sy eerste en enigste digbundel.
In haar debuutteks Veelhoek (ook die titel van Gilliland se digbundel) smag Cilliers na iets soortgelyks binne teaterkonteks. ’n Intieme gesprek ontvou tussen haar en haar neef, gespeel deur Ludwig Binge.

Onder regie van die meesterlike Marthinus Basson met twee Kanna-benoemings – een vir Jana in die kategorie beste vroulike hoofrol, en een vir Ludwig in die kategorie beste manlike ondersteunende rol.

“Aangrypende teks en vertolking met slim regie en beligting (en klank!) wat die gehoor lei tot ’n fundamentele self-ontdekking van eie verlies en vrae. ’n Ware teater kragtoer deur almal betrokke.” – Lochner de Kock

Met: Jana Cilliers en Ludwig Binge
Teks: Jana Cilliers
Regie: Marthinus Basson
Musiekregie: David Wolfswinkel
Stelontwerp: Marthinus Basson
Verhoogbestuurder: Nicolaas de Jongh, Jean du Plessis (assistentverhoogbestuurder)
Vervaardiger: Ko-produksie tussen die KKNK, Vrystaat Kunstefees Momentum Beleggings Aardklop en Suidoosterfees
Moontlik gemaak deur: NATi

Girls High

Drama
Afrikaans
Geen o.13 (I)
60 minute

24 Sept. 18:00
25 Sept. 10:00
26 Sept. 14:00
27 Sept. 18:00
28 Sept. 16:00 – (Gekansileer weens onvoorsiene omstandighede)

R200, R180 (Hartsvriende)

Scroll to Top