Ilne Fourie is terug en hierdie keer met ’n splinternuwe solovertoning – Verkleurvroutjie!
Fourie (bekend vir haar suksesvolle komedies Laerskool Noord, Sjarrap en eet jou kos! en die rol van die koshuismoeder, Tannie Adri, in die Showmax-reeks Wyfie) skakel met gemak oor van een genre na ’n ander. Sy laat die gehoor kies uit die sewe kleure van die reënboog – komedie, drama, uit die oudedoos, opera, skouspel, radiodrama en musiekteater.
Dit is dan wanneer die poppe begin dans, want Fourie verander dadelik van karakter en genre na aanleiding van die rekwisiete wat tot haar beskikking is.
Verkleurmannetjies verander van kleur om hulself te kamoefleer of hul gemoedstoestand aan te dui – maar ’n verkleurvroutjie bring vir jou lag, trane, opera of selfs ’n paar kunstenaars by ’n skouspel.
Fourie, wat haarself op Vrystaatse bodem as aktrise en skrywer gevestig het, is terug met ’n reënboog van stories!
Met: Ilne Fourie
Verhoogbestuurder: Esmé de Wet
Vervaardiger: Ilne Fourie
POK (C6)
Komedie
Afrikaans
Geen o.10 (T)
70 minute
24 Sept. 19:30
25 Sept. 09:30
28 Sept. 09:30
R160, R140 (Hartsvriende)