In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****, vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
“Intelligent, snaaks, bemoedigend – dié kabaret is kuns as kuur.” – Netwerk24
Vier Panado’s en ’n Chardonnay het ’n Kanna-prys van die KKNK ontvang vir beste aanbieding: musiek.
Met: Elzabé Zietsman (sanger en akteur), Tony Bentel (klavier)
Teks: Johann Slabbert
Musiekregie: Tony Bentel
Verhoogbestuurder: Johann Slabbert
Vervaardiger: Drama Drama
Totius-saal
Kabaret
Afrikaans en Engels
Geen o.13 (T/V)
75 minute
24 Sept. 10:00
26 Sept. 13:00
28 Sept. 13:00
R190, R170 (Hartsvriende, pensioenarisse)