Megan Geoffrey Prins & Tinus Botha: Key Connections

In hierdie opwindende tweeklavier-uitvoering kan feesgangers uitsien na die tydlose melodieë en opruiende ritmes van Arnold van Wyk, Tsjaikofski en Kapustin. Van Wyk se Improvisasies op Nederlandse volkswysies is ’n jeugdige en toeganklike werk wat die pianistieke moontlikhede van die volkswysies vindingryk ontgin. In sy Romeo en Juliet-fantasie-ouverture pluk Tsjaikofski aan die hartsnare met roerende harmonieë en dramatiese en grootse musikale gebare, terwyl Kapustin in sy Sinfonietta die wêrelde van jazz en Westerse kunsmusiek behendig versoen. Tinus Botha en Megan-Geofrey Prins is beide gerekende pianiste wat landswyd en internasionaal optree. Hulle is tans as klavierdosente verbonde aan die Universiteit van Pretoria (Prins) en die Noordwes-Universiteit (Botha).

Met: Megan-Geoffrey Prins (klavier) en Tinus Botha (klavier)
Komponis/Oorspronklike musiek: Arnold van Wyk, Tsjaikofski en Kapustin

Konservatorium

Klassiek
Gesin
50 minute

24 Sept. 16:30
25 Sept. 10:00

R190, R170 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top