Drie joernaliste gesels met mekaar oor wat hulle beleef as Suid-Afrikaners. Nie net op die politieke front nie, maar veral ook in hul werkplek en hoe hulle leef. Op die platteland, in die stad, om kinders groot te maak, om vir Carte Blanche te werk, of vir die Daily Maverick te skryf. Om met landbouers te gesels, om funksies by te woon, plaaslike musiek te luister en plaaslike resepte uit te ruil. Om die huishoudelike finansies te laat klop in ’n land waar kospryse die hoogte inskiet, om vakansie te hou. Kom gesels saam.
Met: Marianne Thamm, Lourensa Eckard en Kabous Meiring
The Roots-tuin
Gesprekke
Afrikaans
Ouerbegeleiding
60 minute
27 Sept. 17:00
R120, R100 (Hartsvriende)