Pronk Podium-produksies

Kom ontmoet die teatermakers van die toekoms by die LEKKER toneelkompetisie waar hoërskool- en studenteproduksies die planke laat praat. Die wenner van NWU Kampustoneel is Mallewales deur Patria Manskoshuis, en word saam met Helpmekaar Kollege se Sterrejag, as een pakket aangebied.

Mallewales

Kom kyk na Frikkie en Malan se ‘male’-wales. Is daardie stemmetjies in jou kop normaal? Of is ons as ’n samelewing stapelgek? Aangebied deur Patria Manskoskuis.

Met: Philip Human & Bertus Buitendach
Teks & regie: Pierre-André Viviers

Genre: Tragikomedie
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.12 (T/G)
Tydsduur: 35 min.

Sterrejag

Hulle staan bekend as die sewe susters. Nee, nie biologies nie. Hulle is die enigste sewe wat vanaf laerskool en hoërskool saamkom. Wat sal jy doen as iemand jou jaag, of jag? Soms kan ’n mens nie meer weghardloop nie. Soms… moet jy terugbaklei.

Met: Blyde Schoeman, Carmen Taylor, Christine Talyor, Jana Enslin, Kuti Morake, Leah Vivier en Zoe Marais en Hendré Henning.
Ensemble: Adam Vivier, Anandri Nel, Anika Nel, Brendan Kruger, Daniel Bukes, Deoné Mouton, Kristin Stemmet, Lienke Olivier, Lisanne Kriel, Luamé Bezuidenhout, Zeney Beukes
Teks: Philip Rademeyer
Regie: Eghard Basson en Danelle Weideman
Klankoperateur: Ryk Pretorius
Beligtingsoperateur: Christiaan van der Merwe
Verhoogbestuurder: Almay Erasmus en Melissa Campbell
Stelontwerp: Eghard Basson en Thomas Marais

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Gradering: Geen o.13 (T)
Tydsduur: 45 min.

Girls High

Afrikaans
Geen 0.13 (T/G)
180 minute

28 Sept 11:30

R140, R120 (Hartsvriende)

Scroll to Top