Pronk Podium-wenproduksies

Kom reis saam op die pronkpad na die kunste by Pronk Podium!

Meer as 100 hoërskoolproduksies neem deel aan die Pronk Podium-toneelfeeskompetisie wat in 2024 plaasvind by die Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Noordheuwel, Hoërskool Die Wilgers, HTS Witbank en Hoërskool Durbanville in die Wes-Kaap. Die NWU Kampustoneelfees bied verder ’n verskeidenheid van meer as 30 deelnemende toneelopvoerings deur passievolle, kreatiewe studente.

Uit hierdie talle deelnemers word uitstaande optredes genooi om as volwaardige feesproduksies by Aardklop aangebied te word.

“Dit is verblydend dat platforms soos Pronk Podium vir ons jeug geskep word. Die ontwikkeling en ondersteuning van die kunste is van kardinale belang vir die samelewing. Dit is nie net opbeurend nie, dit dien as ’n katalisator om nuwe idees te skep en om deur ’n ander lens te kyk en oplossings te vind vir hedendaagse probleme. Daarom is dit vir die Noordwes-Universiteit ’n voorreg om betrokke te wees.” – Jean-Marc Stidworthy, direkteur van bemarking en studentewerwing, NWU

Feesgangers kan uitsien na ’n volgepakte, kreatiewe en sommer net lekker kunstefeeservaring van hoogstaande gehalte.

Kom beleef die reis. . . kom beleef Pronk Podium! #dielekker1

Meer inligting oor die wenproduksies sal ná afloop van die finaal bekend gemaak word. Hou hierdie blad dop!

Girls High

Afrikaans
Gesin
180 minute

28 Sept 11:30

R140, R120 (Hartsvriende)

Scroll to Top