Ruhan du Toit

Ruhan du Toit is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer van Pretoria. Hierdie gewilde musikant, met sy sjarmante en energieke verhoogpersoonlikheid en indrukwekkende vieroktaaf-stem, het die afgelope drie dekades diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap en is net so deel van die Afrikaanse kultuur soos biltong en koeksisters. Met ’n uitgebreide repertoire, wat strek oor sewe tale, het hy ook reeds internasionaal naam gemaak. Hy het onder meer die geleentheid gehad om saam met die countrysanger Kip Moore die verhoog te deel. As ’n veelsydige musikant wat verskeie instrumente kan speel, is hy ewe tuis in ’n volgepakte saal as by ’n intieme Bosveldvuur met ’n handjievol uitgesoekte gaste. Deesdae werk hy voltyds saam met Coleske Group, ’n afdeling van Warner Music Africa, aan sy musiekloopbaan en beplan om oor die volgende paar maande verskeie nuwe Afrikaanse en Engelse enkelsnitte by sy indrukwekkende arsenaal van oorspronklike musiek te voeg. Ruhan, met sy skerp humorsin en opregtheid, is ’n geliefde kunstenaar onder jonk en oud en hy is diep dankbaar vir die geleentheid om elke dag sy passie te kan uitleef en sy unieke talent met die wêreld te kan deel.

Ouditorium

Kontemporêr
Afrikaans, Engels, Italiaans
Gesin
75 minute

28 Sept. 14:00

Voor
R210, R190 (Hartsvriende)
Agter
R190, R170 (Hartsvriende)

Scroll to Top