Hierdie TPG-werksessie sal die deelnemers aan die tegniek van linodruk (’n vorm van reliëf- drukwerk) bekendstel. In die werkswinkel van drie ure sal die tegniek verduidelik word, voorbeelde gewys word, en die proses gedemonstreer word. Die deelnemers sal vanuit ’n verskeidenheid vooraf-ontwerpte patrone kan kies, en hulle ontwerp in ’n stuk linoleum kerf. Deelnemers sal hierdie ontwerp op argivale katoenpapier sowel as op ’n inkopiesak druk.
Die werkswinkel bied twee opsies
Opsie 1:
Speel stel die deelnemers in staat om die tegniek aan te leer en te gebruik, waarna hulle met drie finale afdrukke, asook ’n handgedrukte inkopiesak met hul ontwerp vertrek.
Opsie 2:
Meester stel die deelnemers in staat om die tegniek aan te leer en te gebruik, en hulle sal met drie finale afdrukke, ’n handgedrukte inkopiesak, sowel as hul eie linodrukstel bestaande uit ’n rubberroller, linosnee-gereedskap en swartblok-ink vertrek.
Aangebied deur: Cloudia Rivett-Carnac – The Printing Girls
The Roots Garden Room
Visuele Kuns
Ouerbegeleiding
27 Sept. 11:00-14:00
R800 (speel-opsie)
R1 100 (meester-opsie)