Een van die vroegste nuttige gebruike van pottebakkery sluit die berging van voedsel in.
Voor die uitvinding van die moderne silo of yskaste, het antieke samelewings maniere gevind om die rakleeftyd van hul voedsel te verleng deur dit in putte, keramiekvate en ander houers te bêre.
Tydens die Romeinse Tydperk het keramiekhouers soos dolia en pithoi ’n belangrike rol gespeel om nie net olyfolie en wyn te berg nie, maar ook om temperature en humiditeit te stabiliseer ten einde voedsel vir lang tydperke behoorlik te preserveer. In Antieke China is pragtig versierde gemmerpotte gebruik om belangrike speserye en kruie soos sout en gemmer te berg en te dra. In verskeie dele van Afrika is potte gebruik in landelike gemeenskappe vir die dra van water, die massaberging van voedsel en melk, die kook van kos en die preservering, drink en bediening van bier.
Hierdie groepuitstalling vier die basiese beginsels van die tydlose en praktiese waarde van berging in keramiek.
Kurator: Donavan Mynhardt
The Roots Sonkamer
Visuele Kuns
Ouerbegeleiding
24-28 Sept. 09:00-17:00
Begeleide toere:
25 Sept. 11:30
27 Sept. 16:00
Gratis