Cumulonimbus is ’n reeks kunswerke deur die Potchefstroomse kunstenaar Colette Lotz. Hierdie reeks is gegrond op foto’s van wolke en die gebruik van Rorschach-inkvlektoetse om psigologiese welstand te verken. Lotz se doel is om kykers aan te moedig om na te dink en die lewe vanuit ’n spirituele oogpunt te beskou. Die opbou van vog in cumulonimbus-wolke –en die gevolglike storms – simboliseer emosionele onweer, en tree in gesprek met die tema silo’s. Deur gebruik te maak van sekere titels en verborge simbole, vestig die werke aandag op die binêre konsepte van goed en kwaad, lewe en dood, en eindtydtekens.
NWU Galery
Visuele Kuns
Ouerbegeleiding
24-28 Sept. 09:00-17:00
Begeleide toere:
24 Sept. 11:00
26 Sept. 11:00
Gratis