Ek sien jou is die eerste nasionale uitstalling van 19de-eeuse foto-portrette van Suid- Afrikaners met intellektuele gestremdhede. Die gevallestudies van die destydse Grahamstown Lunatic Asylum is een van Suid-Afrika se grootste bewaarde rekords van individue met intellektuele uitdagings wat geïnstitusionaliseer was vanaf 1890 tot 1920. In die uitstalling Ek sien jou getuig Du Plessis hoe die gevallestudies se foto’s aanleiding gegee het tot ’n persoonlike erkenning van die pasiënte se menswees. Du Plessis se getuienis neem die vorm van poësie aan en eer en gedenk elkeen wie se foto’s in die uitstalling ingesluit is. Die 19de-eeuse fotografiese portrette word aangebied as negatiewe. Ten einde die positiewe van die foto’s te kan sien – en dus getuie te word van hul menswees – sal feesgangers die beelde met hul selfone kan skandeer en sodoende self ook met Du Plessis se poësie in gesprek kan tree.
Kurator: Rory du Plessis
NWU Galery
Visuele Kuns
Ouerbegeleiding
24-28 Sept. 09:00-17:00
Begeleide toere:
24 Sept. 11:00
25 Sept 11:30
26 Sept. 11:00
Gratis