Prontuit

In 2025 word Afrikaans amptelik ’n honderd jaar oud, maar die wortels van die taal is vir baie meer as ’n eeu te vinde aan die suidpunt van Afrika. Ons vier Afrikaans deur daarin te werk, debateer en leef. Ons kyk met nuwe oë na dié meesal geliefde, soms beneukte taal met ’n redelike ingewikkelde geskiedenis. Prontuit bied ’n gesprek aan oor dialekte, taalwording, die geskiedenis en die toekoms van Afrikaans.

Gespreksleier: Kabous Meiring

ATKV-Boeke-oase, The Roots

Gesprekke
Afrikaans
Gesin
60 minute

26 Sept. 10:30

Gratis

Scroll to Top