DagsĂȘ âklopper!
In die onsterflike woorde van The A-Team se Hannibal: âI love it when a plan comes together.â En vanjaar het die planne weer seepglad bymekaar gekom vir ân Aardklop-fees wat geloop het soos stroop.
Soos een geesdriftige feesganger gesĂȘ het: âJulle is die beste in die land. Ek was nou al by baie feeste, maar hiĂ©rdie fees â alles is net die beste wat jy kan kry.â (Ons het haar nie eens betaal om dit te sĂȘ nie. Belowe.)
Van die venues en die feesterrein tot die pendeldiens en selfs die openbare toilette â alles was nĂ©t reg. Skoon, netjies, gerieflik, en lĂ©kker, man, lekker. Daar is fees gevier dat die biesies bewe, van vroeg tot laat, in ân verskeidenheid van genres en kunsvorme.
Die feestelikhede is oudergewoonte afgesluit met ân langtafel-kuier, waar daar met spys en drank op die week se dinge teruggekyk kon word.


Die (byna) laaste sĂȘ
ÂDie diversiteit van die programinhoud en balans was ân doelbewuste besluit van die feesorganiseerders.
Soos Alexa Strachan, Aardklop se uitvoerende hoof, sĂȘ:
âAardklop het ân duidelike vars stem, en hierdie stem dra by tot allerbelangrike gesprekke oor kwessies in ons lieflik kleurvolle, maar ook kwesbare en hartseer samelewing.
âOns dink en debatteer oor die gemarginaliseerdes, die oorgeslaandes. Ons maak stem dik en pleit dat ons ophou wegkyk en wegdeins van omgemaklike dinge en kwessies.
âSaam vier ons fees, en raak ons deel van ân kollektiewe gees en ervaring. Mure val en grense verdwyn.
âVir kosbare oomblikke is ons een.â



âAnd the Oscar goes to . . .â
Hulle is die rede hoekom ân fees bestaan. Daarom gee Aardklop jaarliks erkenning aan uitnemendheid in die kunste.
Hiermee dan veels geluk aan vanjaar se benoemdes vir die Aardklop-toekennings, waarvan die wenners op 1 November bekend gemaak word:
BESTE BYSPELER
David Viviers â Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan
Jacques Adriaanse â Forte
Joshwin Dyson â Ken jy vir Dewie?
Ludwig Binge â Veelhoek
BESTE AKTRISE
Antoinette Kellermann â Die stoele
Crystal-Donna Roberts â Ken jy vir Dewie?
Jana Cilliers â Veelhoek
Margit Meyer-Rödenbeck â Ouma is op pad
Rika Sennett â Forte
BESTE AKTEUR
Chris van Niekerk â Die stoele
David Viviers â Die lewe in ‘n dag van ‘n vrugtevlieg
Frank Opperman â Stinkhout
Joshwin Dyson â Laaitie mettie biscuits
Wessel Pretorius â Die lewe in ‘n dag van ‘n vrugtevlieg
BESTE REGISSEUR
Philip Rademeyer â Stinkhout
Margit Meyer-Rödenbeck â Ken jy vir Dewie?
Marthinus Basson â Die stoele
BESTE MUSIEKUITVOERING
Die Charl du Plessis Trio â vir Vivaldi Vier Seisoene
Elvis Blue â vir Elvis Blue: Dis wie ek wil wees
ElzabĂ© Zietsman â vir Vier Panadoâs en ân chardonnay
Eldon van der Merwe â vir Deon Meyer en Coenie de Villiers se Roem: ân Musiekverhaal
BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE
André Schwartz: Gesigte
Mass for the Good Princes
Vier Panadoâs en ân chardonnay
BESTE TONEEL-PRODUKSIE
Die lewe in ân dag van ân vrugtevlieg
Die stoele
Ken jy vir Dewie?
ReĂŒnie
Stinkhout
TOEKENNING VIR GRENSVERSKUIWENDE WERK
(slegs debuutwerk)
Stinkhout
Mass for the Good Princes
BESTE NUUTGESKREWE AFRIKAANSE TEKS
Magda Louw: ân Les in kletterkunde â teks: DesirĂ© Gardner
Marion Monroe â teks: Marion Holm en Chris Vorster
Stinkhout â teks: Philip Rademeyer
BESTE UITSTALLING
Cumulonimbus â Colette Lotz
Ek sien jou / Sawubona / I see you â kurator: Rory du Plessis
Silo â kurator: M.C. Roodt
Die benoemings vir Beste Algehele Aanbieding en Hartsvriende Beste Produksie word later bekend gemaak.



Geld kĂĄn sekere soorte geluk koop
Kom ons sĂȘ nou maar ân ding soos hy is. Hoewel die direksie en feesorganiseerders hoogs tevrede is met vanjaar se kaartjieverkope en bywoning, is die eenvoudige waarheid: sonder borge en medewerkers, is ân fees van diĂ© omvang onmoontlik.
Dus, innige dank aan: Momentum Beleggings, Netwerk24, die NWU, die ATKV, kykNET, Suzuki Auto SA, SAB AbInBev (as Castle), Eskort, Heineken Beverages (as Klipdrift), NATi, AK21, die LW Hiemstra Trust en die Dagbreek Trust.

Terloops . . .
ÂNou ja, September 2024 het gekom en gegaan, en nou sien die meeste van ons uit na ân welverdiende ruskans hier na die einde van die jaar se kant toe. Maar daar word reeds gepraat en gebroei aan volgende jaar se fees. Wanneer ons hoop om jou weer net die beste te gee wat ons het.
Maak dus solank ân nota in jou dagboek vir 7-12 Oktober 2025. Jippie!

#aardklop2025 #hierkomons