Verwelkingslied

In Breyten Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk? Verwelkingslied is Breyten se ontroerende swanesang, wat kort voor sy dood in 2024 vir die Suidoosterfees geskryf en opgedra is aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson. 

Met: Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar 
Teks: Breyten Breytenbach
Verwerking: Tessa Louw en Marí Borstlap
Regie en stelontwerp: Marí Borstlap
Video-ontwerp: Richard Thomson
Beligtingsontwerp: Faheem Bardien
Verhoogbestuurder: Amber Fox-Martin
Klankbaan: Wilken Calitz
Vervaardiger: ’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en Momentum Aardklop
Moontlik gemaak deur: Spier Arts Trust, NATi & Het Jan Marais Nationale Fonds

Elgro Hotelsaal

Drama
Afrikaans
Geen o.12 (T)
90 min.

7 Okt. 09:30
8 Okt. 19:30
9 Okt. 09:30
10 Okt. 14:00
11 Okt. 14:30

R220, R200 (Hartsvriende)

Scroll to Top