Die gevlerktes

Die gevlerktes bring twee gesoute kunstenaars byeen vir ’n buitengewone produksie wat ’n lewende uitvoering en animasierolprentkuns kombineer. Diek Grobler staan bekend as een van Suid-Afrika se voorste animasiekunstenaars. Mareli Stolp het bekendheid verwerf as ’n pianis wat haarself toespits op kontemporêre en avant-garde-klavieruitvoering. Vir Die gevlerktes het Diek vier kortflieks geskep in reaksie op werke vir solo-klavier geïnspireer deur voëls – die “gevlerktes” van die titel. Die vier klavierwerke is: “L’Alouette Calandrelle” deur Olivier Messiaen, “La Poule” deur Jean-Philippe Rameau, “Ibis Hadeda” deur Neo Muyanga en “On Hearing the First Cuckoo in Spring” deur Frederick Delius. Diek se flieks word vertoon terwyl Mareli die klavierwerke uitvoer.

Met: Mareli Stolp
Teks: Susan Smith 
Regie en vervaardiger: Mareli Stol
Komponis: O. Messiaen, JP Rameau, N. Muyanga en F. Delius
Beligtingsontwerp: Rob Murray

Girls High

Klassiek
Afrikaans
Gesin
30 min.

8 Okt 16:30
9 Okt 16:30

R100, R80 (Hartsvriende)

Scroll to Top