NATANIËL + CHARL: 25

25 jaar gelede het die sanger en storieverteller Nataniël en die pianis Charl du Plessis vir die eerste keer saam op die verhoog verskyn.

Nataniël se loopbaan was 13 jaar oud en Charl was ’n student aan die Universiteit van Pretoria. Sedertdien het letterlik duisende optredes gevolg, konserte as sanger en begeleier, 62 oorspronklike verhoogproduksies, asook projekte met kore, orkeste en van die land se talentvolste musikante.

Met twee galakonserte vier hulle nie net die afgelope kwarteeu se mylpale nie, maar wys hoe die toekoms lyk en klink, waarmee hulle tans besig is, kyk na mekaar se individuele projekte, gee ’n blik op die jaar se nuutste uitreikings en bring ook splinternuwe stories, musiek en kostuums. ’n Móét vir die fynproewer!

Met: Nataniël en Charl du Plessis

Ouditorium

Klassiek
Meertalig
Geen o.14
90 min.

7 Okt. 19:00
8 Okt. 10:00

Voor: R300
Agter: R280

Scroll to Top