De wals van de liefde

’n Versameling van Jannie du Toit se gunstelingliedjies uit die Nederlandstalige kleinkuns soos “Madeleine” en “Marieke” van Jacques Brel asook liedjies van Jules de Corte en Herman van Veen. Van ballades oor die liefde en die lewe tot prettige liedjies.

Volgens Jannie is “De wals van de liefde” van die gevierde Nederlandse sanger Toon Hermans een van die aangrypendste liedjies wat hy nog op die verhoog gesing het, en daarom is dit die titel van sy program. Die liedjies is hoogtepunte uit die bloeitydperk van die 20ste eeuse Nederlandse kleinkuns, wat vir hom ’n oneindige bron van inspirasie bly.

De wals van de liefde is ’n lieflike musiekteatervertoning wat die gehoor van die begin tot die einde betower het.” – Kelly-Lee Ohlson, Die Burger

Met: Jannie du Toit (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier) en Deryn Dednam (altsaxofoon)
Teks, regie, musiekregie en vervaardiger: Jannie du Toit
Komponis/ Oorspronklike musiek/ Klankbaan: Verskeie Nederlandse liedjieskrywers
Produksiebestuurder: Jopie Koen
Musiekverwerking: Marcel Dednam

Totuis-saal

Kontemporêr
Afrikaans en Nederlands
Gesin
80 min.

7 Okt. 19:30
8 Okt. 10:00

R150, R130 (Hartsvriende)

Scroll to Top