Jakkie Louw se nuwe kinderteaterproduksie, Die drie varkies en die Gen Z-wolf, is ’n vars en humoristiese hervertelling van die klassieke sprokie. In hierdie weergawe is die drie varkies nie net slim nie, maar ook tegnologies vaardig en vol kreatiewe oplossings. Die wolf is Gen Z en verslaaf aan “The Gram” (#sosiaal #viral). Hy is nie net ’n bedreiging nie, maar ook ’n simbool van die uitdagings wat die jong geslag in die gesig staar. Deur middel van humor en interaktiewe elemente, leer jong kykers oor die belangrikheid van tegnologie, sowel as die gevare daarvan, terwyl dit ook supersnaaks is. Jakkie bring met sy kenmerkende energie en kreatiwiteit ’n vars perspektief op ’n geliefde storie.
Met: Jakkie Louw en Clarissa Jooste
Teks, regie, stelontwerp en vervaardiger: Jakkie Louw
Verhoogbestuurder: Jakkie Louw en Clarissa Jooste
Laerskool Mooirivier
Kinderteater
Afrikaans
Gesin
45 min.
10 Okt. 11:00
11 Okt. 09:00
R100, R80 (Kinders 0.10)