Die een wat bly

Die een wat bly is deels droom en deels getuienis. Dit gebruik die geselskap se persoonlike herinneringe as vertrekpunt om die verhouding tussen ma’s en seuns te skets. Dit is ’n samevoeging van dans en drama wat wentel om die narratief van ’n kunstenaar wat terugreis na sy kinderjare. ’n Danser staan sy moeder aan die dood af en wandel deur die flitse van sy geheue, asook die verbeelde geheime lewe van sy ma, om tot verhaal te kom oor sy verlede, sy identiteit, sy familie en sy toekoms. Dans en fisieke teater word ondersteun deur teks om verlies en die spesiale en verwikkelde verhouding tussen ma’s en hul seuns bloot te lê op die pad na genesing. 

Met: Grant van Ster, Shaun Oelf en Daneel van der Walt
Teks en regie: Wessel Pretorius en geselskap
Musiekregie: Shaun Oelf
Choreografie: Figure of 8 Dance Theatre
Stelontwerp en beligtingsontwerp: Gideon Lombaard
Verhoogbestuurder: Nell van der Merwe
Vervaardiger en produksiebestuurder: Marie Vogts
Moontlik gemaak deur: ’n Figure of 8-produksie, in samewerking met die KKNK en Suidoosterfees. Ondersteun deur NATi, die Festival Enterprise Catalyst (FEC) en die Jobs Fund.
Momentum Aardklop-speelvak moontlik gemaak deur:
Momentum Aardklop

Gimmies

Drama en Dans
Afrikaans
Geen o.13 (T)
75 min.

7 Okt. 09:00
8 Okt. 12:30
9 Okt. 13:00
10 Okt. 19:30
11 Okt. 09:00

R195, R175 (Hartsvriende)

Scroll to Top