Elzabé Zietsman: Routrip

Ná ’n mislukte selfdoodpoging en drie weke in ’n psigiatriese kliniek, pak Helena haar karretjie met een tas klere en bokse vol familie-items wat sy haar lewe lank bymekaarmaak – van ’n lappieskombers tot ’n alsiende glasoog. Met niks om te verloor nie, begin haar tragikomiese reis deur die land om haar versameling uit te deel en finaal van mense afskeid te neem. Gewapen met humor, ignoreer sy die wanhoop en leef sy vreesloos, vry en, op die oog af, sorgeloos.

Met: Elzabé Zietsman
Tek, verhoogbestuurder en produksiebestuur: Johann Slabbert
Regie: Maralin Vanrenen
Stelontwerp en beligtingsontwerp: Geselskap
Komponis: Coenie de Villiers
Vervaardiger: Drama Drama
Moontlik gemaak deur: Stellenbosch Woordfees

POK (C6)

Tragikomedie
Afrikaans
Geen o.13 (T)
90 min.

7 Okt. 19:30
8 Okt. 09:30
9 Okt. 12:30
11 Okt. 16:30

R200, R180 (Hartvriende)

Scroll to Top