Grommels

’n Groot grys muur omvou ’n klein grys wêreld. In hierdie wêreld is kleur net ’n herinnering. ’n Droom. Hier woon Geelgrommel en Blougrommel – die laaste kleure wat oorbly. ’n Grommel vang son. ’n Grommel vang water. En ’n Grommel dra altyd ’n hoed. Toe breek daar ’n dag aan, wat nie soos die gewone grommerige grommeldag lyk nie… Die muurmannetjies se fluisteringe word ’n warrelwind. Uit al die gegrom bars daar donderweer los… Die Grommels se wêreld word heeltemal op sy kop gekeer. Wat gebeur as die mure tussen ons begin draai? Wat gebeur as teenoorgesteldes mekaar werklik vind – in ’n betowerende oomblik? Kom saam op ’n speelse ontdekkingsreis waar skoonheid in eenvoud wag. Waar die natuur se kleure van hoop weer binne ons almal begin groei. Ons hoef net ons oë oop te maak. 

Met: Angelique Filter en Robert Hindley
Teks en regie: Angelique Filter en Robert Hindley
Vervaardiger: Angelique Filter
Ondersteun deur: Die Vrystaat Kunstefees
Fasiliteerder: Amelda Brand

Laerskool Mooirivier

Kinderteater
Afrikaans
Gesin
40 min.

7 Okt. 11:00
8 Okt. 09:00
9 Okt. 11:00

R100, R80 (Kinders o.10)

Scroll to Top