Ingrid Jonker se stem word herontdek in hierdie roerende musiekteaterstuk, geïnspireer deur haar intieme liefdesbriewe aan André P. Brink en haar mees ikoniese poësie. Hierdie is nie bloot ’n biografie nie – dit is Ingrid se eie woorde en emosies, getoonset met oorspronklike musiek. Met gedigte uit Rook en oker, nuut getoonset, word haar liefde, verlange, depressie en soeke na vryheid verweef tot ’n unieke klankbaan van haar lewe – soms fluisterend en broos, soms ongenaakbaar eerlik, soms vurig en vry. Dis ’n intieme en aangrypende reis deur ’n digter se hart – ’n viering van ’n vrou, ma, minnares en mens wat gebrand het vir waarheid, vir liefde, vir kuns.
“ ’n Boeiende blik op Jonker se liefde en verlange…”
– AJ Opperman, Netwerk24
“It’s a beautiful and significant work that sings with sincerity… ”
– Robyn Sassen
Met: Lizelle Pike en Chanie Jonker
Teks: Jak J. Brits
Geïnspireer deur: Vlam in die sneeu: Die liefdesbriewe van André P. Brink en Ingrid Jonker (Penguin Random House South Africa, 2015)
Regie: Nadia Beukes, Tiaan Kirsten-Lubbe en Lian Sachse
Stelontwerp en kostuumontwerp: Ashleigh Hilton
Beligtingsontwerp: Tiaan Kirsten-Lubbe
Verhoogbestuurder: Rix Haji-Loucas
Komponis, oorspronklike musiek en klankbaan: Jak J. Brits
Musiekregie en musiekverwerking: Chanie Jonker
Vervaardiger: Scenario Produksies
Produksiebestuurder: Lian Sachse
Moontlik gemaak deur: Die Centurion Teater
Met spesiale vergunning van Penguin Random House South Africa
Laerskool Mooirivier
Musiekteater
Afrikaans
Geen o.16
75 min.
7 Okt. 19:30
8 Okt. 13:30
R200, R180 (Hartsvriende)