Liedjies van My Legends verander na 100 Jaar van Afrikaans

Beleef die hartklop van Afrikaanse musiek soos nog nooit tevore nie met Jakkie Louw se nuwe musiekhuldeblyk, Liedjies van ons legendes ná 100 jaar van Afrikaans. Hierdie intieme en kragtige vertoning bring hulde aan van die grootste akoestiese liedjieskrywers van die afgelope eeu – insluitend ikone soos Koos Kombuis, Valiant Swart, Theuns Jordaan, Anton Goosen en Lucas Maree. Met sy unieke styl, rasperstem en diepe waardering vir Afrikaanse musiek, neem Jakkie gehore op ’n nostalgiese reis deur die liedjies wat ’n nasie se harte geraak het. Jakkie beskryf dit as ’n “viering van ons kultuur, ons stories en die klanke wat ons identiteit vorm” en glo dit sal aanklank vind by enige liefhebber van eg Suid-Afrikaanse musiek.

Met: Jakkie Louw
Teks en regie: Jakkie Louw

Laerskool Mooirivier

Kontemporêr
Afrikaans
Gesin
60 min.

7 Okt. 16:30
8 Okt. 19:30

R160, R140 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top