Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come Dancing? Weet sy dan ooit wat ’n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe. Wanneer Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl Verna Vels se stories op die verhoog nuwe lewe gee, spring hulle met mag en mening in, en so ook die gehoor, want daar is hope gehoordeelname.
Hierdie duo is al etlike kere benoem vir beste kinderteater (kykNET Fiësta en Fleur du Cap) en het twee keer die KKNK se Kanna-prys vir hierdie genre ontvang. “Senuwees en skater. Impromptu-teater op sy beste. Kinderteater het duidelik ’n doel: Nie net om iets aan kleingoed te bied nie, maar ook om verstokte siele weer in sprokies en spel te laat glo.”
– Marianna Malan, Die Burger
Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck, geskoei op Verna Vels se stories
Regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Produksiebestuurder: Arena Produksiehuis
Laerskool Mooirivier
Kinderteater
Afrikaans en Engels
Gesin
55 min.
7 Okt. 09:00
8 Okt. 11:00
9 Okt. 13:30
R130, R100 (Kinders o.10)